Die instaan kaptein van die Proteas se T20-span, Heinrich Klaasen, sê die ervare spelers in die groep gaan hulle moue oprol gedurende hulle reeks teen Pakistan.

Die reeks skop vanaand af in Durban, waar die eerste T20-wedstryd in hulle reeks van drie om sesuur begin, terwyl die ander twee T20s’ in Centurion en Johannesburg beslis sal word.

Die Proteas en Pakistan sal ook kragte meet in drie Eendag wedstryde, wat in Paarl, Kaapstad en Johannesburg beslis sal word, gevolg deur twee Toetswedstryde in Centurion en Kaapstad.

Volgens Klaasen, moet die ervare spelers druk van die jonger spelers afhaal.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×