Die Engelse graafskap span Essex het ‘n groot boete ontvang na hulle skuld beken het op ‘n aanklag van rassisme.
‘n Onafhanklike tugkomitee het in ‘n verklaring bevestig dat die klub versuim het om die sistemiese gebruik van rassistiese en/of diskriminerende taal en/of gedrag in die tydperk tussen 2001 en 2010 te hanteer.
Essex is met £100 000 beboet met ‘n opgeskorte boete van £50 000 vir twee jaar.
Die klub se voorsitter Anu Mohindru het gesê dat daar diep spyt is oor wat in die verlede gebeur het maar die gebeure weerspieël nie diè graafskap span van vandag nie.