KRIEKET – Gary Kirsten is as Pakistan se nuwe T20 afrigter aangestel kort voor Wêreldbeker-toernooi wat Junie-maand in die Karibiese Eilande en die VSA plaasvind.

Kirsten was Indië se hoofbreier toe hulle as die Wêreld Eendag Kampioen in 2011 gekroon is en het ook daarna die Proteas onder hande geneem.

Azhar Mahmood  wat as hulpafrigter waargeneem het sal aanbly in alle formate terwyl die gewese Aussie snelbouler Jason Gillespie die toetsspan sal afrig.

*Kirsten kry reeds van volgende maand die geleentheid om sy stempel af te druk wanneer Pakistan in vier T20-wedstryde teen Engeland sal speel voor die Wêreldbeker-toernooi begin.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×