Die Protea snelbouler Gerald Coetzee was sy span se onverwagse held toe hy die Gujarat Titans tot ‘n opwindende DLS-oorwinning met drie paaltjies oor die Mumbai Indians gelei het in ‘n reëngeteisterde IPL-kragmeting in die Wankhede-stadion.
Mumbai het ‘n wankelrige 155 / 8 bymekaar gemaak met Engeland se Will Jacks wat uitgeblink het met sy bydrae van 53 lopies.
Die Titans was ietwat in die knyp op 126 / 6 maar toe nog reën aan die einde van die 18de boubeurt uitsak het hulle nog 24 van 12 aflewerings benodig. Die sakrekenaars is toe uitgehaal en die teiken is na 15 lopies aangepas met ses aflewerings oor.
Coetzee se vinnige 12 insluitend ‘n deurslaggewende vier en ses het die weg gebaan vir Rahul Tewatia om die oorwinning te beklink en GT na die bopunt van die punteleer te sien opskiet terwyl Mumbai nou die vierde plek beklee.