Australië se manskrieketspan het die voortou geneem in hulle vyf wedstryd eendagreeks teen Engeland.
Ben Duckett se 95 en 62 van Will Jacks help die Engelse tot 315 voor almal uitgehaal is.
Die Australiese kolwers was op hul stukke, veral Travis Head en Marnus Labuschagne, wat kon spog met onoorwonne tellings van 154 en 77.
Hulle onoorwonne 148-lopie vennootskap help die Aussies tot ‘n sewe paaltjie oorwinning.
Die twee sal Saterdag weer ontmoet in die tweede eendag wedstryd by Leeds.
error: Inhoud is beskerm !!