Ierland se manskrieketspan het Maandag vir Zimbabwe verslaan in hulle een en enigste toetswedstryd in Bulawayo.

Ierland het beurte van 260 en 298 aangeteken en aan Zimbabwe ’n teiken van 292 gestel om te wen maar was almal uitgehaal vir 228 in hul tweede beurt.

Ierland het dus nou vir Zimbabwe in twee agtereenvolgende toetswedstryde geklop na ‘n vier-paaltjie oorwinning in Belfast verlede Julie.

Die twee nasies sal nou kragte meet in ‘n drie wedstryd eendag-  sowel as ‘n drie wedstryd T20 reeks met die eerste eendagstryd wat Vrydag in Harare beslis word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×