KRIEKET – In die 2de toets tussen Ierland en Sri Lanka wat ook gister in Galle begin het, het die besoekers se kolwers gesprankel en aan die einde van die 1ste dag die telbord laat aanrol na 319 / 4.
Andrew Balbirnie het ’n loopbaan beste van 95 aangeteken terwyl Paul Stirling ook ’n stewige bydrae van 74 gemaak het voordat hy met ’n besering moes uittree.
Lorcan Tucker het egter die anker rol by Stirling oorgeneem en uitgeblink met 78 lopies en sal saam met Curtis Campher vandag voortkolf op 27 nie uit nie.
Die linkerhandse draaier Prabath Jayasuriya het die beste vir die tuisspan met die bal gevaar en 2 kolwers laat terugstap vir 95 lopies.
Ierland sal poog om verlore aansien in hierdiè toets te herwin nadat Sri Lanka die 1ste een binne 3 dae beklink het met ’n beurt en 280 lopies.