Die Internasionale Krieketraad het bevestig dat die prysgeld vir die T20 Krieketwêreldbeker vir vroue vermeerder het.
Daar is ’n rekord $7.96-miljoen in die pryspot waar die wenner van die toernooi $2.34-miljoen sal ontvang – wat meer as dubbel is as die van die vorige toernooi in 2023.
Die naaswenner sal $1.17-miljoen ontvang terwyl elk van die tien deelnemende spanne $112 500 elk sal ontvang.
Die T20 Krieketwêreldbeker vir vroue skop oor twee weke af in die Verenigde Arabiese Emirate.