KRIEKET – Die grenshoue het gereën tussen Indië en die Proteas in die 2de T20 wedstryd in Guwahati waar die tuisspan gister met 16 lopies geseëvier het.

Indië het ‘n reuse 237 / 3 aangeteken met KL Rahul en Suryakumar Yadav wat die Protea boulers swaar laat leef het en onderskeidelik 57 en 61 gemoker het.

Die Proteas het met ‘n totaal van 221 / 3 geantwoord maar was vroeg in die moeilikheid  toe Temba Bavuma, Rilee Rossouw en Aiden Markram op 47 reeds terug in die kleedkamer was. David Miller het hom toe by Quinton de Kock aangesluit en diè tweemanskap het hul span tot op die rantjie van ‘n oorwinning gekolf.

Quinnie het die anker rol gespeel met ‘n geduldige 68 maar Killer Miller het die glans van die bal afgeslaan en ‘n skitterende 106 van net 47 balle aangeteken wat 8 viere en 7 sesse ingesluit het.

Indië wen egter diè reeks 2 – 0 met die laaste wedstryd in diè reeks wat Dinsdag gespeel word waarna die eerste eendag wedstryd ook Donderdag begin.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×