Indië het hul plek in die Kampioene Trofee bespreek nadat hulle Australië met vier paaltjies in Dubai kon stuit.

Die Aussies was in die 50ste  boulbeurt almal uitgehaal vir 264 met Steve Smith wat uitgestaan het met sy 73 terwyl Alex Carey 61 by diè totaal kon voeg.

Indië se kolfaanslag het bestendig begin maar dit was hul sterkolwer Virat Kohli wat verseker het sy span speel in Sondag se eindstryd met ’n geduldige 84 lopies van 94 aflewerings terwyl KL Rahul op nommer ses met ’n beurt van 42* die nodige ondersteuning gebied het.

Rohit Sharma se span sal nou moet wag en sien wie tussen die Proteas en Nieu-Seeland hulle Sondag gaan aanvat wanneer die tweede halfeindstryd Woensdagoggend om 11:00 (SA Tyd) begin.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×