KRIEKET – Indië  het met ’n indrukwekkende vertoning die Proteas gister hul grootste nederlaag nog in eendag-krieket toegedien toe hulle met 243 lopies gewen het.

Die tuisspan het 326 / 5 aangeteken met die kaptein Rohit Sharma wat die tempo gestel het met 40 lopies van 24 aflewerings maar dit was Virat Kohli wat ook sy verjaarsdag gevier het met ’n briljante 101 nie uit nie terwyl Shreyas Iyer ook goed gekolf het vir sy 77.

Die Proteas wat die laaste paar wedstryde 1ste gekolf  en reuse tellings opgestapel het was egter van stryk af en kon nie een kolwer meer as 15 lopies aanteken nie en is die span vir net 83 uitgehaal.

Die goeie nuus is dat Suid-Afrika reeds vir die halfeindronde gekwalifiseer het saam met Indië en Australië en gaan daar nou ’n stryd  woed tussen Nieu-Seeland , Pakistan en Afghanistan om te sien wie moontlik deel van die laaste 4 gaan wees.

 

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×