KRIEKET – Indië het ook sy plek in Sondag se WB-eindstryd bespreek na ‘n maklike oorwinning van 70 lopies oor Nieu-Seeland.
Die gasheerland het weereens ’n puik kolfvertoning gelewer met Virat Kohli wat ook nou die rekord hou van die speler wat die meeste internasionale eendag honderdtalle (50) agter sy naam geskryf het.
Kohli en Shreyas Iyer wat ook ’n honderdtal geslaan het, het hul span na ’n telling van 397 / 4 geneem.
Die Swart Pette se kolwers was nooit in die prentjie nie en alhoewel Daryll Mitchell ’n alleenstryd gevoer het met sy bydrae van 134 was dit die veteraan snelbouler Mohammed Shami wat 7 kolwers vir net 57 laat terugstap het kleedkamer toe.
*Die Proteas sal ook nou uiteindelik die spook van 99’ op Edgbaston kan wegbêre wanneer hulle teen aartsvyande Australië vanoggend om 10:30 op die veld stap vir ’n plek in die eindstryd.