Indië het hulle tweede T20 wêreldbekertitel met sewe lopies gewen in Bridgetown in Barbados. Hulle het ook die eerste T20 wêreldtitel in 2007 gewen.
SABC-sport berig Indië, wat die loot teen Suid-Afrika gewen het, het 176 vir die verlies van sewe paaltjies aangeteken, die hoogste telling nóg in ‘n eindstryd.
Virat Kohli het die beste gevaar met 76 lopies van 59 balle, terwyl Axar Patel 47 lopies van 31 balle aangeteken het. Anrich Nortje het twee paaltjies geneem vir 26 in sy vier boulbeurte.
Die Proteas het hulle beurt goed begin en was ná 16 boulbeurte op 151 vir die verlies van vier paaltjies. Maar toe Heinrich Klaasen in die 16de beurt uitgevang is, het die skaal in die guns van Indië geswaai. Die Proteas se telling was 169 vir die verlies van agt paaltjies.