KRIEKET – Die gasheerland Indië het sy Wêreldbeker-veldtog volstoom voortgesit toe hy Afghanistan in sy 2de wedstryd  uit die pad gevee het met ’n oorwinning van 8 paaltjies.

Afghanistan kon ’n telling van 272 / 8 bymekaar maak nadat die Indiese snelbouler Jasprit Bumrah ook die lopies beperk het met sy 4 paaltjies vir net 39 lopies.

Indië se kaptein Rohit Sharma het ook die rekords laat spat toe hy in sy beurt van 131  eers Sachin Tendulkar se vorige 100-tal rekord van 6 gebreek het en ook nou die alleenhouer is van die meeste sesse in alle formate van die spel toe hy Chris Gayle van die Wes-Indiese Eilande se totaal van 553 ook kon verbysteek.

*In vandag se bepalings speel die Proteas teen aartsvyande Australië met diè wedstryd wat om 10:30 vanoggend begin.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×