Indië het met ’n sterk kolfvertoning die voortou in die T20-reeks geneem nadat hulle die Proteas met 11 lopies op SuperSport Park in Centurion geklop het.
Die besoekers is gevra om eerste te kolf en het ’n reuse 219 / 6 in hul toegelate 20 beurte opgestapel. Die nommer drie kolwer, Tialk Varma, het vuur gemaak onder die tuisspan se boulers en was onoorwonne op 107 van slegs 56 aflewerings.
Andile Simelane en Keshav Maharaj het die beste vir die Suid-Afrikaners met die bal gevaar en elkeen twee paaltjies laat tuimel vir 70 lopies.
Die tuisspan se kolfbeurt is na die eerste ses aflewerings gestaak weens vlieënde insekte wat die speelveld oorgeneem het en die spelers se sig beïnvloed het. Spel is egter kort daarna hervat en die tuisspan kon net 208 / 7 bymekaar maak met Marco Jansen wat ’n haastige 54 van 17 aflewerings sy span tot die drempel van ’n oorwinning geneem het.
Die vierde wedstryd in diè reeks word Vrydag op die Wanders in Johannesburg beslis.
In die eerste eendagwedstryd tussen Sri Lanka en Nieu-Seeland in Dambulla het die tuisspan volgens die DLS-metode met 45 lopies gewen.
Sri Lanka het 324 / 5 opgestapel met honderdtalle van onderskeidelik 100 en 143 deur Fernando en Mendis.
Die teiken is weens die reën na 220 aangepas waarna die Swart Pette net 175 / 9 kon aanteken.
Die twee eendagwedstryd word Sondag in Kandy gespeel.