KRIEKET – ‘n Rekord 1.25 miljoen ondersteuners het ook die afgelope WB-krieket toernooi deur die hekke van die stadions vir diè skouspel in Indië gestroom.

Alhoewel daar heelwat leë sitplekke in die vroeë rondtes van diè kompetisie sigbaar was is die miljoen kerf reeds verbygesteek met 6 wedstryde wat nog gespeel moes word.

Volgens die IKR se Hoof van Toernooie Chris Tetley het dit net weereens die aantrekkingskrag van krieket bevestig en spesifiek wat diè eendag formaat tans kan bied.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×