KRIEKET – Die Proteas het die 2de eendag wedstryd teen Indië gister in Ranchi met 7 paaltjies verloor.

Die besoekers het eerste gekolf en ‘n heel skaflike 278 / 7 op die telbord geplaas. Die uitblkinkers was Reeza Hendricks en Aiden Markram wat onderskeidelik 74 en 79 aangeteken het terwyl Mohammed Siraj met die bal uitgeblink het en 3 / 38 in sy 10 beurte laat kantel het.

Indië was ietwat in die knyp op 48 / 3 maar ‘n skitterende 234 lopie vennootskap tussen Ishan Kishan en Shreyas Iyer het die oorwinning vir die tuisspan verseker.

Diè reeks is nou gelykop met 1-elk met die 3de en beslissende wedstryd wat môre in Delhi gespeel word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×