KRIEKET – Indië het ook nog ’n waarskuwing aan hul kompetisie in die WB-toernooi gestuur na hul rekord oorwinning gister van 302 lopies oor Sri Lanka in Mumbai.
Die gasheerland het 357 / 8 opgestapel waar Virat Kohli en Shubman Gill weer die lopies laat vloei het.
Sri Lanka se kolfaanslag het reeds met die 1ste aflewering ontspoor toe Jasprit Bumrah vir Nissanka been voor paaltjie betrap het. Mohammed Siraj het ook daarna die kolwers laat bontstaan maar dit was die veteraan Mohammed Shami wat uiteindelik 5 kolwers laat terugstap het vir net 18 lopies.
Sri Lanka was almal uitgehaal vir 55 wat hul vorige laagste telling van 86 lopies oortref wat diè span in 1975 teen die Wes-Indiese Eilande kon aanteken.
*In vandag se bepalings speel Nederland teen Afghanistan met die wedstryd wat ook om 10:30 vanoggend begin.