Indië het hulle Kampioene Beker-toernooi op ’n wennoot afgeskop toe die T20 Wêreldkampioen Bangladesh met ses paaltjies geroskam het.
Die Tiere kon net 228 bymekaarskraap waarna ’n puik kolfvertoning deur Indië se openingskolwer Shubman Gill sy span verby die wenteiken in die 47ste boulbeurt geneem het. Gill se beurt van 101* het 9 viere en 2 sesse ingesluit.
Die Proteas se veldtog trek Vrydagoggend in Karachi weg wanneer hulle teen Afghanistan te staan kom met die eerste aflewering wat om 11:00 (SA Tyd) afgevuur sal word.