KRIEKET: Indië het die gasheerland die VSA se segetog in die T20 Wêreldbeker-toernooi Woensdag met 7 paaltjies op die onvoorspelbare New York se kolfblad gestuit.
Die tuisspan kon net 110 / 8 in sy kolfbeurt aanteken terwyl Indië hard moes werk om die wenteiken in die 19de beurt te bereik het. Suryakumar Yadav en Shivam Dube het vasgeskop en was nie uit nie op onderskeidelik 50 en 31 lopies.
Die onervare Amerikaners het ook aan die einde 5 straflopies afgestaan omdat die span te veel tyd geneem het om sy boulbeurte in die toegelate tyd af te stuur.