KRIEKET – Indië het Engeland gestoomroller in die 3de toets wat in Rajkot gespeel is deur die besoekers binne 4 dae met 434 lopies te klop.
Die tuisspan het 445 in hul 1ste beurt opgestapel en die Engelse daarna tot 319 lopies beperk. Indië het in die 2de kolfbeurt nog beter gevaar en op 430 / 4 verklaar waarna Engeland ’n reuse wenteiken van 557 lopies moes jaag.
Ben Stokes se span was egter almal terug in die kleedkamer vir ’n skamele 122 met die linkerhandse draaibouler Ravindra Jadeja wat 5 paaltjies platgetrek het vir net 41 lopies.
*Indië loop voor met 2 – 1 in die reeks van 5 wedstryde met die 4de toets wat weer Vrydag begin.