KRIEKET – Indië het teruggeveg in die 3de en laaste  T20 wedstryd teen die  Windies en ’n maklike oorwinning van 7 paaltjies in Guyana behaal.

Die tuisspan kon net 159 / 5 opstapel waarna Indië die wenteiken bereik het in die 18de boulbeurt. Suryakumar Yadav het ‘n haastige 83 geslaan wat 10 viere en 4 sesse ingesluit het.

Die Windies het so bietjie verlore aansien herwin deur die T20-reeks met 2 – 1 te wen nadat die besoekers die eendag en toets-reeks beklink het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×