KRIEKET – Indië het sy eendagreeks teen die Wes-Indiese Eilande op ’n hoogtepunt afgesluit deur die 3de wedstryd met 200 lopies te wen.
Die besoekers het ’n reuse telling van 351 / 5 in sy 50 beurte opgestapel met 4 kolwers wat meer as 50 lopies geslaan het en daarna die eilandspan uitgeknikker het vir ’n skamele 151.
Indië wen die eendagreeks met 2 – 1 nadat hulle ook die toetsreeks met 1 – 0 kon inpalm.
Die T20-reeks begin ook môre by die Brian Lara Krieket Akademie veld in Tarouba.