Die Indiese manskrieketspan het Sondag in Wankhede ‘n 4-1 oorwinning behaal in die vyf wedstryd T20 reeks teen Engeland.

Die Engelse span het ‘n vernederende 150 lopie nederlaag gely in die vyfde en laaste kragmeting,

Indië se aanvangskolwer Abhishek Sharma het sy span gehelp tot ’n reuse telling van 247 / 9 in hulle 20 boulbeurte met ’n puik 135 wat 13 sesse ingeluit en het ook die rekord gebreek het vir die hoogste individuele telling deur ’n Indiese speler in ’n T20-wedstryd.

Die gasheerspan het daarna Engeland uitgeboul vir 97 halfpad deur die 11de boulbeurt.

Die twee nasies sal nou ontmoet in ‘n drie wedstryd eendagreeks wat van Donderdag in Nagpur beslis sal word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×