KRIEKET – Na 45 wedstryde in vanjaar se WB-toernooi is die besigheidsend nou bereik met die 1ste halfeindronde wedstryd wat vandag beslis word.
Die gasheerland Indië het na ’n foutlose vertoning in 9 wedstryde gewys dat hy opsoek is na ‘n 3de WB-eendag titel.
Nieu-Seeland sal ook die ys wil breek met ‘n 1ste oorwinning in die eindstryd nadat hulle in 2019 teen Engeland na ’n super boulbeurt uitgeskakel was.
*Diè wedstryd begin om 10:30 vanoggend in die Wankhede Stadion in Mumbai.