KRIEKET – Indië , Suid-Afrika , Australië en Nieu-Seeland is deur na die laaste 4 in die WB-kriekettoernooi.

Die gasheerland Indië het gister sy 9de oorwinning in ’n ry behaal toe hy Nederland met 160 lopies kon troef.

Die tuisspan het ’n reuse telling van 410 / 4 aangeteken met Shreyas Iyer en KL Rahul wat honderdtalle agter hul name kon skryf. Die Oranje hemde was reeds vroeg in die moeilikheid in hul kolfbeurt en is almal uitgehaal vir 250 lopies.

*Indië speel nou Woensdag teen Nieu-Seeland in die 1ste halfeindronde terwyl die Proteas en Australië mekaar Donderdag die stryd sal aansê.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×