KRIEKET – Jason Smith sal sy buiging vir die Proteas maak vir die T20-reeks teen die Windies wat later vandeesmaand in die Karibiese Eilande begin.
Die veelsydige speler is een van twee Dolphin-spelers in die groep.
Ottniel Baartman is ook opgeroep om die nasionale span te verteenwoordig.
Smith het sy spel verder verbeter sedert hy by die Dolphins aangesluit het voor die 2021/22-seisoen en sy bestendige vertonings vir die span het tot sy Protea-insluiting gelei.