Die Joburg Super Kings het die Durban Super Giants Dinsdagaand in ’n spannende wedstryd van die SA20-reeks met 28 lopies in Durban geklop.
Die besoekers het eerste gekolf en 169 lopies ingesamel met Leus du Plooy wat die beurt geanker het met ’n waardevolle bydrae van 38 terwyl Prenelan Subrayen die Giants se beste bouler was met ’n ontleding van 2 / 24 in sy vier beurte.
Die wenteiken was egter buite die bereik van die tuisspan en was almal terug in die kleedkamer vir 141 lopies gewees.
*In Woensdag se bepalings sal die Paarl Royals weereens die voorloper in die kompetisie MI Cape Town op Boland Park in Wellington aandurf met diè eerste aflewering wat om 17:30 afgestuur sal word.