KRIEKET – Die S.A. o/19 krieketspan het ook gister hul plek in die driehoekige reeks eindstryd bespreek na die jong Proteas ‘n 5 paaltjie sege behaal het oor Afghanistan.

Afghanistan kon net 139 lopies bymekaar skraap in 45 boulbeurte. Die tuisspan se naatbouler Kwena Maphaka het die besoekers laat bontstaan en 5 / 25 platgetrek.

*Die Suid-Afrikaners sal Woensdag op alle sillinders moet vuur wanneer hul teen Indië in die eindstryd te staan gaan kom en sal met ’n goeie vertoning wil afsluit wanneer die o.19 WB-toernooi dan ook 19 Januarie op tuisbodem gaan wegtrek.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×