KRIEKET – Die Jong Proteas het ook gister seker gemaak hy bly in aanmerking vir ’n plek in die halfeindronde van die o.19 WB-toernooi nadat hy Zimbabwe met 9 paaltjies oorrompel het.
Zimbabwe se kolfbeurt het reeds vroeg gewankel en was die span almal terug indie kleedkamer vir net 102 lopies. Kwena Maphaka het weer die paaltjies laat tuimel en 5 / 34 platgetrek en ook goeie ondersteuning van Tristan Luus met sy 3 / 25 ontvang.
Die tuisspan se openingspaar van Steve Stolk en Lhuan-dre Pretorius het weer blitsig weggetrek en 86 lopies in 11 beurte opgestapel.
*Die Proteas wat tans 2de in Groep 2 is speel môre teen Sri-Lanka in ’n maak-of-breek wedstryd wat om 10:00 in Potchefstroom begin.