KRIEKET – Die Jong Proteas se droom om sy 2de o.19 WB-titel te wen het gister tot ’n einde gekom nadat die verdedigende kampioen Indië die 1ste halfeindstryd met 2 paaltjies gewen het.
Die tuisspan het ’n telling van 244 / 7 op die telbord geplaas na goeie beurte deur onderskeidelik Lhuan-drè Pretorius met 76 en Richard Seletswane se 64.
Indië was vroeg in die moelikheid op 32 / 4 nadat die bouler-van-die-toernooi Kwena Maphaka met sy 1ste aflewering die gevaarlike Adarsh Singh agter die paaltjies laat uitvang het.
Dit was egter die kombinasie van die kaptein Uday Saharan en Sachin Dhas wat die wind uit die Protea boulers se seile gehaal het met beurte van 81 en 96 lopies onderskeidelik.
*Indië sal moet wag om te sien teen wie hulle in die eindstryd gaan speel wanneer Australië en Pakistan mekaar môre weer in Benoni die stryd gaan aansê. Die wedstryd begin ook om 10:00.