Jonty Rhodes is pas aangestel as veldwerkkonsultant vir die Lions vir die volgende twaalf maande.

Rhodes sal saam met ander groot name soos Allan Donald, Hashim Amla en Russell Domingo ‘n kragtige afrigtingspan vorm.

Volgens Jono Leaf-Wright – die uitvoerende hoof by die Lions – sal Rhodes se invloed en ervaring ’n groot aanwins tot die spelers wees wat reeds ’n sterk wenkultuur toon.

Met 52 toetse en 245 eendagwedstryde agter sy naam bring Rhodes onskatbare veldwerkvaardighede na die Lions-kamp.

error: Inhoud is beskerm !!