Die Joburg Super Kings het Sondagmiddag op die Wanderers die Sunrisers Eastern Cape se reeks van vier onoorwonne wedstryde in die SA20 tot ‘n einde toe gebring.

Die Sunrisers word gedomineer in alle afdelings van die wedstryd, waar hulle eerste kolf en toe uitgeboul was vir 118.

Vyf van hulle kolwers, insluitend Zak Crawley en Aiden Markram, word uitgehaal vir eendjies, met Hardus Viljoen en Lutho Sipamla wat skade met die bal veroorsaak.

Devon Conway kon die Johannesburgse span tot die nege-paaltjie oorwinning lei met ‘n onoorwonne telling van 76 van slegs 56 balle.

Die Super Kings lê steeds vierde op die SA20 punteleer, maar het nou 15 punte, terwyl die Surisers derde plek beklee met 19 punte.

Die Paarl Royals, wat oor die naweek hulle plek in die uitspeel rondes bespreek het, sal vandag gasheer speel vir die Durban Super Giants.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×