‘n Matrikulant van die Kaapse skool Parklands College het ‘n massiewe 404* aangeteken in hul wedstryd die afgelope Saterdag teen Hoërskool Parow.
Kyle Warrender het slegs 161 aflewerings benodig vir diè rekordtelling waar hy 47 viere en 23 sesse geslaan het.
Warrender wat ook Parklands College se kaptein is het sy span gelei tot ‘n massiewe telling van 694 / 2.
Hulle het die wedstryd uiteindelik met 670 lopies gewen.