KRIEKET – Die Suid-Afrikaanse vroue krieketspan speel tans in Somerset teen Engeland in die enigste toets tussen diè twee lande.

Die Proteas het eerste gekolf en kon danksy ‘n skitter 150-tal deur Marzanne Kapp ‘n totaal van 284 lopies op die telbord plaas.

Engeland se kolfbeurt het wankelrig begin en was die span ietwat in die moeilikheid op 121 / 5 maar ‘n onoorwonne 6de paaltjie vennootskap van 207 deur Natalie Sciver en Alice Davidson-Richards het die tuisspan ‘n klein voorsprong op die 1ste beurt gegee.

Diè toets eindig Vrydag.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×