KRIEKET –  In wedstryd nommer 47 van die Indiese Premier Liga het die Kolkatta Knight Riders maklik met 7 paaltjies teen die Rajashtan Royals gewen.

Die Royals het eerste gekolf en kon net 152 / 5 aanteken met Sanju Samson wat 54 lopies bygedra het.

Die Knight Riders het die teiken in die laaste boulbeurt bereik te danke aan die Man-van-die-Wedstryd Rinku Singh wat ‘n warrelwind 42 lopies van 23 balle af geslaan het.

In die 1ste nie-amptelike T-20 wedstryd het Suid-Afrika A teen ‘n Zimbabwe elftal met 5 paaltjies in Harare gewen.

Die tuisspan het eerste gekolf en kon slegs 114 lopies bymekaar skraap met veral Bjorn Fortuin en Glenton Stuurman wat tussen hulle 5 paaltjies platgetrek het.

Suid-Afrika het wankelrig begin maar Tristan Stubbs met 39 en Khaya Zondo se 23 het die beurt geanker en verseker dat die besoekers die 1ste wedstryd uit die reeks van 5 kon wen.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×