KRIEKET – In die plaaslike KSA 4-Dag Reeks het die Titans en die Westelike Provinsie beurt oorwinnings oor onderskeidelik die Knights en die Rocks behaal.

Die Titans het eerste gekolf en ‘n reuse telling van 648 in hul 1ste beurt aangeteken met die Protea toetskaptein Dean Elgar wat 137 bygedra het terwyl die nasionale span se instaan paaltjiewagter Heinrich Klaasen absoluut briljant was met sy 292 lopies. Die Knights se kolwers kon nooit op dreef kom nie en is vir onderskeidelik 243 en 263 uitgehaal wat aan die Noord-Gauntengers ‘n oorwinning besorg het van ‘n beurt en 142 lopies.

In die Kaap het die Westelike Provinsie die Bolandse Rocks ook geen kans gegee om asem te skep nie en hulle wedstryd ook met ‘n beurt en 200 lopies gewen. Die tuisspan het op 557 / 5 verklaar met die openingskolwer Tony de Zorzi wat 163 aangeteken het terwyl die Protea paaltjiewagter Kyle Verreyne nie uit nie was met sy telling van 201. Daarna is die Bolandse Rocks vir net 202 en 145 beperk met die gewese Protea naatbouler Dane Paterson wat in die 2 beurte met boulsyfers van 6 / 78 kon spog.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×