KRIEKET – Die Knights het die S.A. o/19 ‘s ’n krieketles in gister se KSA Eendagbeker reeks op die Mangaung Oval geleer toe die Vrystaters die melkbaarde met 160 lopies uitgestof het.
Die Knights het 1ste gekolf en die S.A. jonges se boulwerk aan flarde geslaan vir ’n reuse telling van 400 / 5 in 50 boulbeurte.
Die tuisspan se Garnett Tarr was van die 1ste aflewering voor die paaltjies en is beloon met ’n puik beurt van 192 nie uit nie terwyl Gerrit Snyman en Dian Forrester ook tevrede kon voel met hul bydraes van 61 en 52 onderskeidelik.
Die besoekers het toe in hul kolfbeurt ook paaltjies op ’n gereelde grondslag verloor en was almal uitgehaal vir 240 lopies terwyl Gerrit Snyman ook 4 / 31 geneem het in 7 boulbeurte.