KRIEKET – In die plaaslike KSA Eendagbeker-reeks wat gister op die Mangaung Ovaal gespeel is het die Knights ’n goeie oorwinning van 5 paaltjies oor die Warriors behaal.

Die besoekers het eerste gekolf en kon net ’n beskeie 222 op die telbord plaas. Tristan Stubbs het uitgeblink met sy bydrae van 46 terwyl Mbulelo Budaza die beste met die witbal gevaar het met ’n ontleding van 3 / 35. 

Die tuisspan het vroeg paaltjies verloor en was op ’n stadium op 113 / 5 ietwat in die moeilkheid maar Man-van-die-Wedstryd Patrick Botha met ’n onoorwonne 60 lopies en naamgenoot Patrick Kruger met sy bydrae van 55 het die wa deur die drif getrek aan die einde van die 47ste boulbeurt.

Die Knights se volgende wedstryd is weer Woensdag in Bloemfontein wanneer hulle die Rocks van die Paarl pak . Diè wedstryd begin om 13:00.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×