KRIEKET – In die plaaslike KSA 4-Dag Reeks het die Knights nog ’n groot nederlaag gelei toe die Westelike Provinsie die Bloemfonteiners met ’n beurt en 155 lopies oorrompel het.

Die Knights het in hul 1ste beurt slegs 111  aangeteken waarna die tuisspan met ’n reuse 575 / 7 geantwoord het te danke aan Tony de Zorzi met ’n manjifieke 303 nie uit nie en is ook goed ondersteun deur Mohammad Vallie met 136 lopies. Die nuweling in die Protea span Gerald Coetzee het die beste met die bal gevaar en 4 / 117 in 27 beurte laat kantel.

Die Vrystaters het hard teruggeveg in hul 2de beurt maar was almal terug in die kleedkamer vir 309 in die 99ste boulbeurt.

Die 4-Dag reeks hervat weer in Februarie volgende jaar wanneer die Knights teen die Lions kragte sal meet op die Mangaung Ovaal.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×