KRIEKET – Die Knights het ook gistermiddag sy onoorwonne rekord in die KSA Eendagbeker-reeks in Divisie 2 behou deur die Northern Cape Heat met 106 lopies op die Mangaung Oval te klop.
Die tuisspan het 299 aangeteken met Garnett Tarr wat weereens geskitter met ’n groot kolfbeurt van 152 lopies.
Die besoekers was op 137 / 7 in die 33ste beurt toe die reën begin uitsak waarna die Vrystaters die wedstryd gewen het volgens die DLS metode.