KRIEKET – In die plaaslike Eendagbeker-reeks wat gister in Durban gespeel is het die Knights ’n puik oorwinning van 39 lopies oor die Dolphins behaal nadat die wedstryd tot 22 beurte per span verkort is.
Die Vrystaters het eerste gekolf en 175 / 9 aangeteken met Raynard van Tonder wat die beurt geanker het met 66 nie uit nie terwyl Gihahn Cloete ook bygelas het met sy bydrae van 38.
Die Dolphins was vinnig uit die blokke en reeds op 44 sonder verlies na 4 beurte maar het geleidelik begin momentum verloor na skitter boulwerk deur Patrick Kruger en Aubrey Swanepoel wat tussen hulle 7 kolwers laat terugstap het vir 63 lopies en was die Natallers almal terug in die kleedkamer vir net 136.
Die Knights sal nou eerskomende Vrydag die Titans in hul laaste groepwedstryd pak wanneer hulle mekaar om 10:00 in Bloemfontein op die Mangaung Ovaal ontmoet.