Die Knights wat met ’n sege oor die Titans ’n moontlike tuiseindstryd in die KSA Eendagbeker-reeks kon verseker het sake vir hulself bemoeilik toe diè besoekers hulle met sewe paaltjies op die Mangaung Ovaal uitgestof het.

Die tuisspan is gevra om eerste kolf maar was vroeg in die moeilikheid toe Jacques Snyman reeds in die eerste boulbeurt moes terugstap vir een lopie maar ’n puik kolfbeurt van 109* deur Patrick Botha het sake ietwat beredder en kon die tuisspan by 230 uitkom.

Die Titans se gevaarman Lhuan-dre Pretorius was binne die eerste boulbeurt terug in die paviljoen maar ’n aggressiewe beurt van 83* deur Dewald Brevis het uiteindelik die wa vir die besoekers deurgetrek.

**Indië is as die nuwe Kampioene Trofee-wenner gekroon nadat hulle Nieu-Seeland met vier paaltjies geklop het.

De Swart Pette het eerste gekolf en 251 / 7 bymekaargemaak waarna Indië die wenteiken in die 49ste boulbeurt bereik het.

Kaptein Rohit Sharma en Shubman Gill het die platvorm vir die oorwinning gelê met ’n eerste paaltjie vennootskap van 105 lopies.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×