Die Knights het weer ’n spogvertoning gelewer in die KSA Eendagbeker-reeks toe hulle die Boland Woensdag met 21 lopies op die Mangaung Ovaal getroef het.
Die tuisspan het eerste gekolf en 249 lopies bymekaar gemaak met Dominic Hendricks en Seth Fledermaus wat onderskeidelik 55 en 52 daarvan kon bydra.
Die besoekers se middelorde kolwer Michael Copeland met 45 lopies het hard probeer om die wenteiken te jaag maar Tiaan van Vuuren het weer vir die Knights in die bouldepartement geskitter en 4 / 39 laat kantel.
Die Knights wat nou derde op die punteleer ingeskuif het is weer Saterdag in aksie teen die Lions in Johannesburg.
*In die Kampioene-Trofee het Afghanistan vir Engeland in ‘n rillerstryd met agt lopies uitgestof en ook sodoende die Rose uit diè toernooi geskop.
Afghanistan se aanvanskolwer Ibrahim Zadran het geskitter met 177 en sy span gehelp tot by 325 / 7. In Engeland se kolfbeurt het Joe Root ’n alleenstryd gevoer en 120 bygelas terwyl Azmatullah Omarzai met ’n ontleding van 5 / 58 seker gemaak het Engeland bereik nie die verlangde teiken om nie diè wedstryd te wen nie.
Afghanistan moet Australië Vrydag in Lahore klop om deur te dring na die halfeindronde terwyl die Proteas dan reeds sal weet wat hul te doen gaan staan om ‘n plek vir die eindstryd te bespreek.