Die Knights het in ’n reën ontwrigte wedstryd op die Wanderers in Johannesburg die Lions met 74 lopies volgens die DLS-metode geklop.

Die besoekers het eerste gekolf en 292 / 7 in 39 beurte ingesamel met die openingskolwer Jacques Snyman wat weer geskitter het met 160 van net 118 aflewerings. Sy beurt het 12 viere 8 sesse ingesluit.

Die Lions kon daarna in hul kolfbeurt nie die verlangde lopietempo handhaaf nie en is beperk tot 220 / 8.

Die Knights wat nou tot die tweede plek opgeskuif het op die punteleer speel eerskomende Vrydag teen die Dolphins op Kingsmead.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×