Die Knights het ook Saterdag sy T20 Uitdaag-reeks veldtog in Bloemfontein begin maar was ongelukkig om met drie lopies teen die Noord-Wes Dragons volgens die DLS-metode vas te geval het.

Die besoekers se kolfbeurt het rampspoedig begin en was op 5 / 2 in die eerste boulbeurt kniediep in die moeilikheid maar goeie bydraes van onderskeidelik 58 en 40 deur Wihan Lubbe en Janneman Malan het die span na 144 / 4 in 18 beurte geneem.

Die tuisspan het met 146 / 6 geantwoord waarna die sakrekenaars nadergetrek is om die wenner te bepaal  waar die Dragons hierdiè keer egter naelskraaps kon seëvier.

*Die Proteas het die tweede T20 teen Ierland Sondag met 10 lopies verloor.

Die Iere het 195 / 6 opgestapel en daarna die Suid-Afrikaners tot 185 / 9 beperk.

Die reeks eindig gelykop met 1 – 1.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×