KRIEKET – Die Knights wat wel weer van volgende seisoen af in Afdeling 1 van KSA se T20-reeks sal meeding was Donderdag in ’n titaniese Afdeling 2 halfeindstryd kragmeting teen die Northern Cape Heat op die Mangaung Ovaal gewees maar ongelukkig die eindteiken met 4 lopies gemis.

Die Heat het ’n skaflike  186 / 5 aangeteken met openingskolwer Jonathan Vandiar wat die beurt geanker het met 56 terwyl CP Klijnhans ook ’n warrelwind 46 bygedra het van 26 aflewerings.

Die Knights het met ’n versigtige lopiejaagtog begin maar nadat Isaac Dikgale op 43 uitgetree beseer was het die oorblywende paaltjies vir net meer as ’n 100 lopies getuimel.

*Die Northern Cape Heat speel Sondag teen die Limpopo Impalas in die Afdeling 2 eindstryd in Polokwane.

error: Inhoud is beskerm !!