KRIEKET – Die Knights is ook gereed vir die eendag stryd teen die Northern Cape Heat eerskomende Sondag op die Mangaung Oval.
Die Bloemfonteiners is na 5 wedstryde steeds bo-aan die punteleer in Divisie 2 en sal ook hul onoorwonne rekord teen die besoekers wil behou.
Toeskouers is welkom om koelbokse, sambrele en gazebos saam te bring terwyl daar ook springkastele en gesigverf vir die kinders gaan wees met ’n DJ wat ook vir die musiek deur die dag sal sorg.
Die wedstryd begin 10:00 en toegang is gratis.