KRIEKET  –  Indië het die botoon gevoer teen Bangladesh op die 1ste dag van spel in die 2de toets wat gister in Mirpur begin het.

Die tuisspan het eerste gekolf en kon net 227 lopies bymekaar maak met Monimul Haque wat ’n alleenstryd gevoer met 84  terwyl Umesh Yadav en Ravi Ashwin tussen hulle 8 Tiere laat terugstap het vir 96 lopies.

Indië loop 1 – 0 voor in die reeks van 2 nadat hulle in die openingswedstryd ook op ’n drafstap gewen het met 184 lopies.

Plaaslik ontmoet die Knights ook die Titans later vanoggend – indien die weer dit toelaat – in Bloemfontein vir hul laaste groepwedstryd in die KSA Eendagbeker-reeks.

Beide spanne kan nie meer vir die eindstryd kwalifiseer nie en daarom kan toeskouers ’n lopiefees verwag aangesien die kolfblad op die Mangaung Ovaal  die laaste paar weke gereeld tellings van meer as 300 lopies opgedis het.

Diè dagwedstryd begin vanoggend om 10:00.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×