KRIEKET – ‘n Kolwer van Samoa het Dinsdag ‘n rekord in Internasionale T20 krieket vebeter.
Die 28-jarige Darius Visser het in ‘n T20 Krieket Wêreldbeker kwalifisering kragmeting teen Vanuatu 39 lopies versamel in ‘n enkele boulbeurt.
Visser het ook nou die rekord vir die grootste persentasie van ‘n span se algehele lopies in ‘n kolfbeurt.
Sy 132 lopies van 62 balle was 75,86% van sy span se algehele telling. Drie foutballe is afgestuur en Visser het ook ses keer die grenstou direk gehaal.
Samoa het uiteindelik die wedstryd met tien lopies gewen.